André Janse van Vuuren
Klein
ondernemings met ’n omset van minder as R5 miljoen per jaar sal nie ’n
graderingsertifikaat nodig hÄ™ om hul vrystellingstatus van swart
ekonomiese bemagtiging (SEB) te bewys nie.
Volgens ’n gids
vir graderingsagentskappe wat op 31 Oktober deur die departement van
handel en nywerheid uitgereik is, sal ’n ouditeurs- of
rekenmeestersbrief waarin die onderneming se omset vermeld word,
voldoende wees wanneer ’n maatskappy bewys wil lewer dat hy verkrygings
van bemagtigde ondernemings doen.
Kwalifiserende klein
ondernemings (KKO’s, met jaarlikse omset tussen R5 miljoen en R35
miljoen), waarvan die bemagtigingstatus volgens enige vier van die sewe
kategorieë op die bemagtigingstelkaart bereken word, moet wél ’n
sertifikaat van ’n graderingsagentskap bekom.
Die riglyne sluit enige moontlikheid van self-gradering vir sulke ondernemings uit.
“Wanneer
’n entiteit breed-gebaseerde-SEB-verskaffers geďdentifiseer het sonder
om genoegsame bewyse (daarvoor) te kan lewer, moet al hierdie uitgawes
van die berekende bemagtigingsuitgawes afgetrek word,” lui die dokument.
“Vir
vrygestelde mikro-ondernemings alleenlik: stem in vir ’n geldige
graderingsertifikaat of ouditeurs- of rekenmeestersbrief.”
Mnr.
Keith Levenstein, uitvoerende hoof van EconoBee, ’n
SEB-spesialis-konsultantfirma, sę die sertifikaat wat KKO’s móét
verkry, sal sulke ondernemings se koste om aan bemagtiging te voldoen,
dramaties verhoog.
“Hierdie riglyne gaan teen die
departement se stellings wat sÄ™ dit wil klein ondernemings help en
rompslomp verminder,” sę Levenstein.
“Elke bietjie addisionele rompslomp of administratiewe koste sal veroorsaak dat ondernemings eerder faal as sukses behaal.”
Volgens
Levenstein het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se pogings om
papierwerk vir belastingnakoming te verminder, getoon dat sulke
toegewings daartoe lei dat meer partye bereid is om daaraan te voldoen.
Volgens die dokument sal bogenoemde riglyne vanaf 9 Februarie van krag wees.