|
SEB-gradeerders aangekla oor ‘onmededingende praktyke’ |
|
|
|
Thursday, 29 November 2007 01:00 |
|
SEB-gradeerders aangekla oor ‘onmededingende praktyke’
29/11/2007 08:56 - (SA) Published by Entrepreneursake ’n Klag is by die mededingingsowerhede teen die vereniging van SEB-graderingsagentskap-pe (ABVA) en van sy lede ingedien.
Die
groep EconoBee, ’n konsultasiefirma wat in swart bemagtiging
spesialiseer, het dié klag aanhangig gemaak. Volgens EconoBee maak ABVA
homself aan onmededingende gedrag skuldig omdat sy lede nie
bemagtigingstelkaarte aanvaar van organisasies wat nie ABVA-lede is
nie, of nie by die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel
(Sanas) om verifikasie aansoek gedoen het nie. Onder die ABVA-lede wat
spesifiek in die klag genoem word, is Empowerdex en Emex.
Die Mededingingskommissie moet nou besluit of daar genoeg grond vir dié klag bestaan.
|
|
Last Updated ( Friday, 14 December 2007 09:04 )
|